Feeste

Die sewe feeste van Vader tot in ewigheid.

PASGA - PESACH

Lev. 23:5

In die eerste maand, op die veertiende van die maand, teen die aand, is die pasga van YHVH.

 

Num. 9:5

En hulle het die pasga gehou op die ...veertiende dag van die eerste maand, teen die aand, in die woestyn Sinai; net soos YHVH Moses beveel het, so het die kinders van Israel gedoen.

... wys meer ...
ONGESUURDE BRODE - MATZOS

Lev. 23:6-8

En op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die onge...suurde brode van YHVH; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet. Op die eerste dag moet daar vir julle ‘n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. Maar julle moet sewe dae lank aan YHVH‘n vuuroffer bring. Op die sewende dag moet daar ‘n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.

... wys meer ...

 

Exo. 12:15-20

Sewe dae lank moet julle onge...suurde brode eet; alreeds op die eerste dag moet julle die suurdeeg uit julle huise verwyder. Want elkeen wat gesuurde brood eet, van die eerste dag af tot die sewende toe, dié siel moet uit Israel uitgeroei word. En op die eerste dag moet daar ‘n heilige samekoms wees; ook op die sewende dag moet daar vir julle ‘n heilige samekoms wees. Daar mag géén werk op dié dae gedoen word nie; net wat deur elkeen geëet moet word, dit alleen mag deur julle berei word. Onderhou dan die ongesuurde brode, want op daardie selfde dag het Ek julle leërs uit Egipteland uitgelei. Daarom moet julle hierdie dag in julle geslagte as ‘n ewige insetting hou. In die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, in die aand, moet julle ongesuurde brode eet, tot op die een en twintigste dag van die maand, in die aand. Sewe dae lank mag daar geen suurdeeg in julle huise gevind word nie. Want elkeen wat iets eet met suurdeeg in, dié siel moet uit die vergadering van Israel uitgeroei word, of hy al ‘n vreemdeling is of ‘n kind van die land. Julle mag niks eet met suurdeeg in nie. In al julle woonplekke moet julle ongesuurde brode eet.

... wys meer ...
EERSTELINGSGERF - FIRST FRUIT

Lev. 23:10-14

Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle: As julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrings oes, moet julle die eerstelingsgerf van julle oes ...na die priester bring. En hy moet die gerf voor die aangesig van YHVH beweeg, sodat julle welgevallig kan wees; die dag ná die sabbat moet die priester dit beweeg. Julle moet ook op die dag as julle die gerf beweeg, ‘n jaaroud lam sonder gebrek as brandoffer aan YHVH berei, en die spysoffer wat daarby behoort, twee tiendes van ‘n efa fynmeel met olie gemeng as vuuroffer aan YHVH, ‘n lieflike geur, en daarby die drankoffer van wyn, ‘n kwart hin. En julle mag geen brood of gebraaide koring of vars graan eet tot daardie selfde dag toe nie, totdat julle die offer van julle Elohim bring. Dit is ‘n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke.

... wys meer ...
FEES VAN WEKE - SHAVUOT

Lev. 23:15-22

Dan moet julle tel van die dag ná die sabbat, van die dag af as julle die beweegoffergerf bring sewe volle weke moet dit wees; tot die dag ná die ...sewende sabbat moet julle vyftig dae tel; dan moet julle ‘n nuwe spysoffer aan YHVH bring. Julle moet uit jul woonplekke twee beweegbrode bring; dit moet van twee tiendes van ‘n efa fynmeel wees; gesuurd moet dit gebak word as eerstelinge aan YHVH. Julle moet ook by die brood sewe jaaroud lammers sonder gebrek en een jong bul en twee ramme bring. Hulle moet ‘n brandoffer aan YHVH wees saam met die spysoffer en die drankoffers wat daarby behoort as vuuroffer van lieflike geur aan YHVH. En julle moet een bokram as sondoffer berei. Ook twee jaaroud lammers as dankoffer, en die priester moet hulle saam met die eerstelingsbrood as beweegoffer voor die aangesig van YHVH beweeg saam met die twee lammers; dié moet aan YHVH heilig wees, ten voordele van die priester. En julle moet op daardie selfde dag uitroep: ‘n heilige vierdag moet dit vir julle wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. Dit is ‘n ewige insetting in al julle woonplekke vir julle geslagte. En as julle die opbrings van jul land oes, moet jy die kant van jou land as jy oes nie heeltemal afoes en die are wat val, nie versamel nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is YHVH julle Elohim.

... wys meer ...
TROMPETTE FEES - YOM TERUAH

Lev. 23:24-25

Spreek met die kinders van Israel en sê: In die sewende maand, op die... eerste van die maand, moet dit vir julle ‘n rusdag wees, ‘n gedenkdag deur basuingeklank, ‘n heilige vierdag. Géén beroepswerk mag julle doen nie; maar julle moet aan YHVH ‘n vuuroffer bring.

... wys meer ...

 

Num. 29:1-6

En in die sewende maand, op die... eerste van die maand, moet daar vir julle ‘n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie; dit moet vir julle ‘n dag van trompetgeklank wees. Dan moet julle ‘n brandoffer as lieflike geur vir YHVH berei: een jong bul, een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek; en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes van ‘n efa vir die bul, twee-tiendes vir die ram, en een-tiende vir elke lam van die sewe lammers; en een bokram as sondoffer om vir julle versoening te doen; behalwe die brandoffer van die nuwemaan en die spysoffer wat daarby behoort, en die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort, en hulle drankoffers volgens die daarvoor geldende voorskrif—tot ‘n lieflike geur, ‘n vuuroffer aan YHVH.

... wys meer ...
VEROOTMOEDIGINGSDAG - YOM KIPPUR

Lev. 23:27-32

Maar op die tiende van hierdie sewende maand is dit die versoendag. ‘n Heilige vierdag moet dit vir julle wees; dan moet julle jul verootmoedig ...en aan YHVH ‘n vuuroffer bring. En op daardie selfde dag mag julle géén werk doen nie, want dit is ‘n versoendag om vir julle versoening te doen voor die aangesig van YHVH julle Elohim. Want elkeen wat hom op daardie selfde dag nie verootmoedig nie, moet uit sy volksgenote uitgeroei word. Ook elkeen wat op daardie selfde dag enige werk doen, dié siel sal Ek uitroei onder sy volk uit. Julle mag géén werk doen nie; dit is ‘n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke. ‘n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul verootmoedig. Op die negende van die maand in die aand, van aand tot aand, moet julle jul sabbat hou.

... wys meer ...
HUTTEFEES - SUKKOT

Lev. 23:34-43

Spreek met die kinders van Israel en sê: Op die vyftiende dag van hierdie sewende maand is dit sewe dae lank die huttefees vir YHVH. Op die eerste dag moet daar ‘n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. Sewe dae lank moet julle aan YHVH ‘n vuuroffer bring. Op die agtste dag moet daar vir julle ‘n heilige vierdag wees, en julle moet aan YHVH ‘n vuuroffer bring. Dit is ‘n feestyd; julle mag geen beroepswerk doen nie. Dit is die feestye van YHVH wat julle moet uitroep as heilige vierdae om aan YHVH ‘n vuuroffer te bring: ‘n brandoffer en spysoffer, ‘n slagoffer en drankoffers soos vir elke dag voorgeskrywe; behalwe die sabbatte van YHVH en behalwe julle gawes en behalwe al julle geloftes en behalwe al julle vrywillige offers wat julle aan YHVH gee. Maar op die vyftiende dag van die sewende maand, as julle die opbrings van die land insamel, moet julle die fees van YHVH sewe dae lank vier; op die eerste dag is dit rusdag, en op die agtste dag is dit rusdag. En op die eerste dag moet julle vir julle vrugte neem van sierlike bome, met palmtakke en takke van digte bome en rivierwilgers, en sewe dae lank voor die aangesig van YHVH julle Elohim vrolik wees. En julle moet dit as fees van YHVH sewe dae in die jaar vier. Dit is ‘n ewige insetting vir julle geslagte. In die sewende maand moet julle dit vier. Sewe dae lank moet julle in hutte woon; almal wat in Israel gebore is, moet in hutte woon, sodat julle geslagte kan weet dat Ek die kinders van Israel in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Egipteland uitgelei het. Ek is YHVH julle Elohim.

... wys meer ...
Voluptatem

Lev. 1:0

Neque porro quisquam est, qui dolorem ipsum quia dolor sit amet non consequat augue iaculis proin malesuada

Hierdie fees is nie verplig nie
Voluptatem

Lev. 1:0

Neque porro quisquam est, qui dolorem ipsum quia dolor sit amet non consequat augue iaculis proin malesuada

Hierdie fees is nie verplig nie

Produkte

Cras in risus vitae leo feugiat lobortis euismod quis dui. Integer tempor urna quis quam volutpat, non consequat augue iaculis. Proin malesuada sem sagittis imperdiet rutrum.

Image-3

Tzitzit te koop

Hierdie jong dame maak Tzitzit en verkoop dit om ook haar tiendes aan ons ou mensies te kan gee. Ondersteun haar gerus.

TzitzitMakeup & Hair Designs

Etiam vitae dui quis mi pharetra facilisis. Aenean volutpat nisi dui, vel tempus metus euismod in. Quisque vitae volutpat nulla. Curabitur cursus leo lacus, a ullamcorper augue iaculis vel.

Cras in risus vitae leo feugiat lobortis euismod quis dui. Integer tempor urna quis quam volutpat, non consequat augue iaculis.

Bestelling navraag
  • Datum:
  • Produk:
  • Naam & Van:
  • Epos:
  • Sel:

Produkte te koop

Leringe

Die evangelie begin voor in die Boek, by Genesis - nie by Mattheus nie. Hierdie video's, saam met die leiding van die Ruach Ha'Kodesh is baie nuttig vir enige persoon wat Vader wil dien in Waarheid en Gees.

Japie van Zyl

Leeraar / Leerling

Chuck Missler

Leeraar / Leerling

Zack Bauer

Leeraar / Leerling


Jim Staley

Leeraar / Leerling


Rob Skiba

Leeraar / Leerling


Steve Allen

Leeraar / Leerling

Goeie Insiggewende Videos

Allerlei Videos

Geen kopiëreg 0 - 7000+, hierdie webwerf soos alles op die aarde behoort aan ons hemelse Vader YHWH | Webwerf deur oraIT